Wikipedia:Geselshoekie

Sien ook:
- Wikipedia:Welkom nuwelinge wat veral op nuwelinge gemik is.
- Wikipedia:Gebruikersportaal vir nuttige skakels vir alle gebruikers.
- Wikipediabespreking:Geselshoekie vir bespreking oor die toekoms van hierdie bladsy.
- Taalforum vir besprekings oor taalprobleme. Die juiste terme, spellings ensomeer.
Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die
| 2004+05+06 | 2007+08+09 | 2010+11 |
| 2012 | 2013+14+15 | 2016 |
| 2017 | 2018 | 2019 |
| 2020 | 2021+22+23 | 2024 |
| 2025 | 2026 | |
| Hoe word 'n argief aangelê? | ||
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (
) te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans
Skryfwedstryd 2026
[wysig bron]Hallo. Ek probeer om fondse van WMZA te bekom vir 'n skryfkompetisie in Mei. Ons benodig nog 'n beoordelaar. Kontak my of SpesBona asseblief as jy belangstel. Dankie. Dumbassman (kontak) 14:54, 14 Maart 2026 (UTC)
- Goeienaand Gemeenskap, ek is baie jammer, maar om tydredes moet ek as 'n beoordelaar onttrek. Moenie bekommer nie, pleks daarvan probeer ek maar die een of ander voorbladartikel skep, maar in 'n ander maand met meer tyd vir my. Groete. --
SpesBona 21:30, 15 Maart 2026 (UTC)
- Geen probleem. Ons kort nou 2 beoordelaars. @Oesjaar, Rooiratel, Pynappel, BurgertB, Sobaka, Aliwal2012, en JMK: stel een van julle belang? Ek neem aan party van julle wil liewers deelneem. Dankie Dumbassman (kontak) 07:55, 16 Maart 2026 (UTC)
- Dumbassman, ek sal 'n beoordelaar wees. Dis nie eintlik my scene nie, maar ek is bereid om uit te help. ~ Burgert (kontak) 15:05, 16 Maart 2026 (UTC)
- Wonderlik, baie dankie. Ek het ook vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gevra vir 'n beoordelaar. Reken tussen ons 3 via email kan ons dit doen. Dankie Dumbassman (kontak) 16:02, 16 Maart 2026 (UTC)
- Jammer, besig. Groete! Oesjaar (kontak) 16:12, 16 Maart 2026 (UTC)
- Dumbassman, ek sal ook as 'n beoordelaar kan help. Weet nie of dit te laat is nie, ek was vir 10 dae op vakansie in die natuur. Groete, --
Aliwal2012 16:04, 19 Maart 2026 (UTC)
- Wonderlik, baie dankie. Ek reken ons 3 is perfek en kan via email dit doen. Kyk gerus na Wikipedia:Skryfwedstryd_2026 en maak veranderinge. Ek het 'n vergadering volgende Woensdag om die pryse te bevestig. Dankie Dumbassman (kontak) 16:27, 19 Maart 2026 (UTC)
- Dumbassman, ek sal ook as 'n beoordelaar kan help. Weet nie of dit te laat is nie, ek was vir 10 dae op vakansie in die natuur. Groete, --
- Jammer, besig. Groete! Oesjaar (kontak) 16:12, 16 Maart 2026 (UTC)
- Wonderlik, baie dankie. Ek het ook vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gevra vir 'n beoordelaar. Reken tussen ons 3 via email kan ons dit doen. Dankie Dumbassman (kontak) 16:02, 16 Maart 2026 (UTC)
- Dumbassman, ek sal 'n beoordelaar wees. Dis nie eintlik my scene nie, maar ek is bereid om uit te help. ~ Burgert (kontak) 15:05, 16 Maart 2026 (UTC)
- Geen probleem. Ons kort nou 2 beoordelaars. @Oesjaar, Rooiratel, Pynappel, BurgertB, Sobaka, Aliwal2012, en JMK: stel een van julle belang? Ek neem aan party van julle wil liewers deelneem. Dankie Dumbassman (kontak) 07:55, 16 Maart 2026 (UTC)
- Ek is bevrees ek sal nie kan deelneem nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 00:36, 24 Maart 2026 (UTC)
- Kan iemand help met 'n bannier op te sit vir die wedstryd? Dankie Dumbassman (kontak) 14:41, 21 April 2026 (UTC)
- Hallo, onthou die Skryfwedstryd begin more. Hoop om baie bydraes te sien. @Naudefj, Jcwf, en Puvircho: Dumbassman (kontak) 13:33, 30 April 2026 (UTC)
- Kan iemand help met 'n bannier op te sit vir die wedstryd? Dankie Dumbassman (kontak) 14:41, 21 April 2026 (UTC)
Maandelikse besoeke en diepte
[wysig bron]Gemeenskap, ons maandelikse besoeke vir Desember is weer 'n nuwe rekord van oor die 8 miljoen. Ek vertrou egter nie die inligting nie, want Desember is skoolvakansietyd. Ek het vir Gebruiker:Rooiratel gevra om dit met die relevante owerhede te bespreek. Hy sal vir ons terugvoer gee wanneer beskikbaar.
Die goeie nuus is dat ons diepte nou 38 is, hopenlik hou dit aan met groei. Groete! Oesjaar (kontak) 05:27, 14 Januarie 2026 (UTC)
- Vir die wat self wil saam volg, sien : https://phabricator.wikimedia.org/T413949
- Dit is deel van 'n wyer ondersoek : https://phabricator.wikimedia.org/T412655
- Ek sal dit dophou, en opvolg as dit te lank neem. - Rooiratel (kontak) 07:21, 14 Januarie 2026 (UTC)
When local articles don’t exist - could shared content help?
[wysig bron]Hi everyone, I’m Luca, and I’m part of the team working on Abstract Wikipedia.
Abstract Wikipedia is a recently launched Wikimedia project that aims to create community-written, language-independent articles that can be used to generate text in many languages using Wikifunctions.
We’re currently trying to understand how this might interact with existing Wikipedia communities. We’d like to get your thoughts on one specific question:
If a topic does not yet have an article in your Wikipedia, would your community be interested in showing text in your language generated from Abstract Wikipedia content? Or would you prefer to continue showing no article until one is written locally?
Local communities would remain fully in control. Existing local articles would never be replaced, and contributors could improve the shared content.
If helpful, you can also share whether there are situations where showing shared content would feel appropriate, or situations where it clearly would not.
Thanks for sharing your thoughts! We’re here to listen and learn. You can address us in your own language, if you want. Sannita (WMF) (kontak) 11:57, 23 Maart 2026 (UTC)
- @Sobaka, SpesBona, Rooiratel, Pynappel, en BurgertB:, die begin van KI-geskepte artikels op klein skaal? As ons instem, waar gaan dit eindig? Menere... Oesjaar (kontak) 12:06, 23 Maart 2026 (UTC)
- Hulle het een probleem, Afrikatale het eenvoudig nie die woordeskat om tegniese artikels te skep nie. Groete! Oesjaar (kontak) 12:08, 23 Maart 2026 (UTC)
- @Oesjaar:, myns insiens het die taalweergawes in Afrikatale 'n tekort aan mannekrag. Vir laasjaar se Wikimania in Nairobi wou ek 'n projek loods op die Swahili Wikipedia oor beide krieket en rugby. Ek wou hulle help met inligtingskaste, nuwe artikels, ens. Ek het gevra vir hulp met vertalings, maar niemand kon help nie. Ek het selfs die een of ander term onder die knie gekry, maar ek kon nie alles alleen doen nie. Sedertdien probeer ek die Afrikaanse Wikipedia tot die gesaghebbende bron oor sport in Afrika maak en noem derhalwe ook byvoorbeeld Kenia en Zimbabwe se prestasies by internasionale toernooie (krieket en rugby). Daar is nie 'n ander Afrikataal wat hierdie artikels het nie, nie eens saadjies nie. 100 miljoen mense praat Swahili, maar daar is nie artikels oor hulle nasionale spanne in krieket en rugby nie. Dalk kry ons hiermee die een of ander wat belangstel in Afrikaans? Groete. --
SpesBona 13:08, 23 Maart 2026 (UTC)
- Ek het na die Abstrakte Wikipedia gekyk en probeer verstaan wat met die projek gepoog word. Dit is nie kunsmatige intelligensie nie, maar eerder ‘n soort van skaregebaseerde (crowd sourced) vertalingspoging om uiteindelik saadjies in die kleiner tale Wikipedias te skep. Aangesien daar sterk vertalingspakkette beskikbaar is vir Afrikaans kan ek nie enige waarde vir ons Wikipedia hierin sien nie. So na my na mening behoort die antwoord op hul vraag te wees: “We appreciate the value of this initiative for smaller languages without much digital support. In the case of Afrikaans powerful digital translation options exists, which would make the creation of short articles through this method superfluous as better quality articles could be created by the current user base.” Uiteraard kan iemand wat wel waarde sien hier hul mening ook weergee voor ons ‘n finale antwoord verskaf. Sobaka (kontak) 13:16, 23 Maart 2026 (UTC)
- @Oesjaar:, myns insiens het die taalweergawes in Afrikatale 'n tekort aan mannekrag. Vir laasjaar se Wikimania in Nairobi wou ek 'n projek loods op die Swahili Wikipedia oor beide krieket en rugby. Ek wou hulle help met inligtingskaste, nuwe artikels, ens. Ek het gevra vir hulp met vertalings, maar niemand kon help nie. Ek het selfs die een of ander term onder die knie gekry, maar ek kon nie alles alleen doen nie. Sedertdien probeer ek die Afrikaanse Wikipedia tot die gesaghebbende bron oor sport in Afrika maak en noem derhalwe ook byvoorbeeld Kenia en Zimbabwe se prestasies by internasionale toernooie (krieket en rugby). Daar is nie 'n ander Afrikataal wat hierdie artikels het nie, nie eens saadjies nie. 100 miljoen mense praat Swahili, maar daar is nie artikels oor hulle nasionale spanne in krieket en rugby nie. Dalk kry ons hiermee die een of ander wat belangstel in Afrikaans? Groete. --
Gekant, as rooi skakels met rekenaarvertaalde inhoud "vervang" word, hoekom wy mense hul vrye tyd daaraan om artikels te vertaal? Vir ons lesers benodig ons kwaliteit pleks van kwantiteit. Myns insiens is daar nie 'n voordeel van 'n rekenaarvertaalde saadjie teenoor 'n rooi skakel nie. Ek vermoed eerder dat mense dan nie meer hierdie rooi skakel met 'n goeie artikel vervang nie: "Daar is reeds iets, hoekom my vrye tyd wy en nog iets doen?" Groete. --
SpesBona 13:40, 23 Maart 2026 (UTC)
- Thanks @Sobaka for your explanation. No, it is not AI-generated, quite the contrary, it is going to be all created and maintained by users. Please see the FAQ on this point. I will let you discuss in peace now, but I wanted to clear up this part immediately. Sannita (WMF) (kontak) 14:20, 23 Maart 2026 (UTC)
- Ons het 'n biblioteek vir beelde (Wikimedia Commons) en ook 'n biblioteek vir enkele waardes (Wikidata). Myns insiens sal dit beter wees as ons 'n biblioteek vir sjablone maak. Een familie sjablone wat ek verwag is weersyfers - een sjabloon vir elke plek. dus kan ons in enige Wikipedia "{{Global:climate|XX|Pofadder}}" skryf en dan word die klimaatsyfers vir Pofadder in die artikel in die taal "XX" neergeplak. Martinvl (kontak) 14:54, 23 Maart 2026 (UTC)
- Ek is geneig om saam te stem met @SpesBona. My gevoel is dat rooi skakels gebruikers aanspoor om ontbrekende artikels te skep, maar ek weet nie of dit al empiries bewys is nie en of dit op alle taalweergawes van Wikipedia dieselfde is nie. Ek weet op afwiki word rooi skakels verwyder omdat baie sulke skakels vir jare rooi bly sonder dat enigiemand die artikel skep en sommige gebruikers dan voel die artikel gaan in elk geval nooit geskep word nie. In sulke gevalle is dit dan seker beter om iets te hê eerder as geen skakel nie? – 🍍 Pynappel (kontak) 23:41, 23 Maart 2026 (UTC)
- Ons het 'n biblioteek vir beelde (Wikimedia Commons) en ook 'n biblioteek vir enkele waardes (Wikidata). Myns insiens sal dit beter wees as ons 'n biblioteek vir sjablone maak. Een familie sjablone wat ek verwag is weersyfers - een sjabloon vir elke plek. dus kan ons in enige Wikipedia "{{Global:climate|XX|Pofadder}}" skryf en dan word die klimaatsyfers vir Pofadder in die artikel in die taal "XX" neergeplak. Martinvl (kontak) 14:54, 23 Maart 2026 (UTC)
- Thanks @Sobaka for your explanation. No, it is not AI-generated, quite the contrary, it is going to be all created and maintained by users. Please see the FAQ on this point. I will let you discuss in peace now, but I wanted to clear up this part immediately. Sannita (WMF) (kontak) 14:20, 23 Maart 2026 (UTC)
Neutraal - Ek wil die projek probeer, en sien hoe goed dit werk. @SpesBona dit is nie rekenaarvertaalde inhoud nie. Dit gebruik wikidata vir die inhoud. Al die vertalings is deur mense gedoen.
Die voorbeeld wat ek al gesien het is as die Abstrakte Wikipedia 'n artikel oor 'n planeet "skryf" sal dit iets soos dié lyk:
- Naam is die 7de planeet in die sonnestelsel rondom die Abcdef ster. Die planeet het 3 mane.
Al die Afrikaanse teks van die voorbeeldteks is Afrikaanse woorde wat 'n mens daargestel het as die Afrikaanse waarde van daai item op wikidata.
My mening is dat ek eerder dit wil gebruik as 'n beginpunt wanneer iemand 'n nuwe bladsy skep. Nie om net só vir almal te wys nie, maar miskien doen dit iets (meer bladtrekke, meer gebruikers wysig die abstrak artikels). Ons sal nooit weet as ons dit nie probeer nie. - Rooiratel (kontak) 09:07, 24 Maart 2026 (UTC)
- Ek dink ook ons moet dit probeer. Ons kan dit seker later beëindig as ons sien dit werk nie lekker nie. ~ Burgert (kontak) 10:31, 25 Maart 2026 (UTC)
- Ek stel voor dat Gebruiker:Rooiratel en Gebruiker:BurgertB daarmee eksperimenteer en ons terugvoering gee. Een vraag, beteken dit dan die skep van 'n artikel nie teen enige gebruiker se naam gekrediteer gaan word nie? Groete! Oesjaar (kontak) 10:42, 26 Maart 2026 (UTC)
- Lyk my dit werk soos {{Databoks}} en gebruik die inligting wat op die betrokke Wikidata-item is. Dit voeg dan die enkele woorde outomaties in sinne by. Ons het reeds die Databoks se gebruik weens sy swak taalgebruik verwerp. Ek weet nie hoe die gebruik van teks met swak taalgebruik en min inligting nuwe lesers sal trek nie. As lesers nie die gewenste inligting vind nie, gaan hulle elders trek (waarskynlik die Engelse Wikipedia) en die Afrikaanse Wikipedia as swak onthou, as hulle slegs hierdie goed teëkom.
- Boonop sal die plaas van outomaties-gegenereerde teks myns insiens die skepping van 'n nuwe artikel vir nuwelinge verhoed. Rooi skakels prikkel immers mense om 'n nuwe artikel te skep. Hoekom 'n nuwe artikel skryf as daar reeds iets is, vra die nuweling dan? Myns insiens is ons beter af sonder hierdie eksperiment. Ons het reeds min mannekrag en ek dink nie ons gaan nuwe gebruikers kry met hierdie nie. Groete. --
SpesBona 11:05, 26 Maart 2026 (UTC)

- @SpesBona:
- >Rooi skakels prikkel immers mense om 'n nuwe artikel te skep.
- Ek sien orals op die besprekings hier dat ons rooi skakels vermy juis omdat dit NIE mense prikkel om 'n nuwe artikel te skep nie. - Rooiratel (kontak) 11:30, 26 Maart 2026 (UTC)
- @Oesjaar: dit sal nie 'n geskepte artikel wees nie. In die geval dat 'n artikel NIE bestaan NIE, wys dit die outomatiese inhoud. 'n Mens kan nog steeds na die tyd 'n artikel skep met enige inhoud, en dit sal werk soos altyd. - Rooiratel (kontak) 11:27, 26 Maart 2026 (UTC)
- Daar is wel mense wat deur rooi skakels aangemoedig word om nuwe artikels te skep. Ook op die Duitse Wikipedia. Nie almal het dieselfde houding nie. Groete. --
SpesBona 12:00, 26 Maart 2026 (UTC)
- Daar is wel mense wat deur rooi skakels aangemoedig word om nuwe artikels te skep. Ook op die Duitse Wikipedia. Nie almal het dieselfde houding nie. Groete. --
- Oor rooi skakels: onthou die kern van gebruikers wat hier artikels skep is effektief tien mense wat dit doen en almal is admins. Die tien skep by verre die grootste gros van nuwe artikels en hulle is ook baie ervare gebruikers. Rooi skakels het vir hierdie tien geen waarde nie, is miskien irriterend, want hulle het hulle eie planne/strategie oor die pad vorentoe. Al wanneer rooi skakels weer gaan doen wat hulle moet doen, is as ons 'n klomp nuwe gebruikers kry. My beskeie mening... Groete! Oesjaar (kontak) 11:56, 26 Maart 2026 (UTC)
'n Nuwe gebruiker: Die Afrikaanse Taalraad
[wysig bron]Goeie môre, ek merk op daar is 'n nuwe Gebruiker:Die Afrikaanse Taalraad wat sopas verbeterings aan die Afrikaanse Taalraad gedoen het. Wie is hierdie persoon?, is hy/sy dan anoniem?
Moet ons Gebruiker:Die Afrikaanse Taalraad hier toelaat? Ek voel nie gemaklik daarmee nie! Groete, --
Aliwal2012 07:26, 25 Maart 2026 (UTC)
- Ek stem saam met @Aliwal2012. Daar moet een gebruiker per persoon wees. Ek voel ook nie gemaklik oor 'n gebruiker wat 'n groep verteenwoordig nie. - Rooiratel (kontak) 07:46, 25 Maart 2026 (UTC)
- Dit is eintlik teen Wikipedia beleid : en:Wikipedia:Username_policy#Shared_accounts - Rooiratel (kontak) 10:58, 25 Maart 2026 (UTC)
- Ek is besig om sistematies met al die Afrikaanse Organisasies te kommunikeer en hulle oor die Afrikaanse Wikipedia in te lig om die perspesies uit te skakel. Dit was die Afrikaanse Taalraad se beurt laasweek en nadat ek hulle artikel gesien het, het ek Ria Olivier (kontak detail by prof Beukes gekry) gevra om hulle inligting na te gaan en enige veranderinge onder my aandag te bring. Toe doen hulle dit self... Ek stem saam met julle, hulle moet die gebruikersnaam Die Afrikaanse Taalraad verander na iets anders. Ek sal weer met Ria praat. Groete! Oesjaar (kontak) 12:54, 25 Maart 2026 (UTC)
- Ek het so pas met hulle sekretaris, Marekyn Kruger-Evert, gepraat en ons kan die gebruikersnaam verwyder. Sy sal onder haar eie naam registreer. Groete! Oesjaar (kontak) 13:58, 25 Maart 2026 (UTC)
- Ek is besig om sistematies met al die Afrikaanse Organisasies te kommunikeer en hulle oor die Afrikaanse Wikipedia in te lig om die perspesies uit te skakel. Dit was die Afrikaanse Taalraad se beurt laasweek en nadat ek hulle artikel gesien het, het ek Ria Olivier (kontak detail by prof Beukes gekry) gevra om hulle inligting na te gaan en enige veranderinge onder my aandag te bring. Toe doen hulle dit self... Ek stem saam met julle, hulle moet die gebruikersnaam Die Afrikaanse Taalraad verander na iets anders. Ek sal weer met Ria praat. Groete! Oesjaar (kontak) 12:54, 25 Maart 2026 (UTC)
- Dit is eintlik teen Wikipedia beleid : en:Wikipedia:Username_policy#Shared_accounts - Rooiratel (kontak) 10:58, 25 Maart 2026 (UTC)
Uitgevoer Die gebruikersnaam is geskrap, om enige misverstand of misbruik te voorkom. Groete tuis, --
Aliwal2012 14:39, 25 Maart 2026 (UTC)
Afrikaans vir "letter case"
[wysig bron]In baie tale is daar kleinletters en hoofletters. In Engels is dit bekend as "upper case" en "lower case".
Beide "upper case" en "lower case" is 'n soort van "letter case".
Wat is die Afrikaanse woord vir "letter case"? - Rooiratel (kontak) 07:48, 25 Maart 2026 (UTC)
- Bokas en onderkas - sien letterkas. – 🍍 Pynappel (kontak) 08:12, 25 Maart 2026 (UTC)
- Dankie @Pynappel - Rooiratel (kontak) 10:58, 25 Maart 2026 (UTC)
- @Pynappel letterkas maak sin. Veral as die oorsprong van die term.
- Maar ek sien letterkas is gekoppel aan en:type case. Ek soek vir die Afrikaanse ekwivalent van en:letter case. Gebruik ons maar dieselfde woord vir altwee? - Rooiratel (kontak) 11:01, 25 Maart 2026 (UTC)
- 'n Opsie mag bloot "hoof- en kleinletters" wees. Sobaka (kontak) 11:21, 25 Maart 2026 (UTC)
- @Sobaka ek dink nie dit is 'n goeie opsie nie. Want hoe vertaal mens dan so sin: "A lower case letter is one of two types of letter cases, the other being upper case." - Rooiratel (kontak) 11:58, 25 Maart 2026 (UTC)
- Ek dink "type" en "letter" is maar sinonieme. Ek dink ook "letterkas" moet na die Engelse artikel "letter cae" skakel, want die artikel "type case" gaan oor die kis waarin die letters gestoor word. ~ Burgert (kontak) 12:42, 25 Maart 2026 (UTC)
- Ekskuus, nee, dis reg soos dit is. Ons artikel verwys eintlik na "type case", maar bring "bo- en onderkas" ook in. ~ Burgert (kontak) 12:47, 25 Maart 2026 (UTC)
- Ja, ons kan ons letterkas artikel (gekoppel aan "en:Type case") uitlos.
- Die probleem is ons het nie 'n Afrikaanse ekwivalent vir die en:Letter case artikel nie, en ek wil weet watter titel om daarvoor te gebruik. - Rooiratel (kontak) 13:48, 25 Maart 2026 (UTC)
- Ekskuus, nee, dis reg soos dit is. Ons artikel verwys eintlik na "type case", maar bring "bo- en onderkas" ook in. ~ Burgert (kontak) 12:47, 25 Maart 2026 (UTC)
- Ek dink "type" en "letter" is maar sinonieme. Ek dink ook "letterkas" moet na die Engelse artikel "letter cae" skakel, want die artikel "type case" gaan oor die kis waarin die letters gestoor word. ~ Burgert (kontak) 12:42, 25 Maart 2026 (UTC)
- @Sobaka ek dink nie dit is 'n goeie opsie nie. Want hoe vertaal mens dan so sin: "A lower case letter is one of two types of letter cases, the other being upper case." - Rooiratel (kontak) 11:58, 25 Maart 2026 (UTC)
- 'n Opsie mag bloot "hoof- en kleinletters" wees. Sobaka (kontak) 11:21, 25 Maart 2026 (UTC)
- Dankie @Pynappel - Rooiratel (kontak) 10:58, 25 Maart 2026 (UTC)
- Pharos sê "letterkas" of "setkas". "Letterkas", "bokas", ens. verwys almal na die vroeër dae toe die verskillende letters in drukkerswese in kassies/rakkies geplaas is. Maureen81 (kontak) 09:33, 26 Maart 2026 (UTC)
- Tegniese woordeboek:
- case rack letterkas.
- letter case letterkas (drukw.).
- Wiskundewoordeboek:
- font case letterkas.
- letter case letterkas (drukw.).
- Pharos Afrikaans-Engels:
- letterkas typecase.
- typecase (druk.) set=, letterkas
- Ekonomiese en bedryfswoordeboek:
- type case: letterbak, letterkas, setkas Maureen81 (kontak) 09:49, 26 Maart 2026 (UTC)
- Gemeenskap, ek het vir Maureen van VivA gevra vir haar insae! Dankie Maureen! Groete! Oesjaar (kontak) 10:30, 26 Maart 2026 (UTC)
- Dankie @Maureen81 en @Oesjaar. Lyk my ons gebruik dan ook "Letterkas" in die taalkundige sin van die woord. - Rooiratel (kontak) 11:34, 26 Maart 2026 (UTC)
- Gemeenskap, ek het vir Maureen van VivA gevra vir haar insae! Dankie Maureen! Groete! Oesjaar (kontak) 10:30, 26 Maart 2026 (UTC)
Waaierpylstert
[wysig bron]Taksonomie baie deurmekaar by waaierpylstert. JMK (kontak) 15:38, 26 Maart 2026 (UTC)
- Reggemaak! Groete! Oesjaar (kontak) 15:44, 26 Maart 2026 (UTC)
Join the sixth Ukraine’s Cultural Diplomacy Month on Wikipedia!
[wysig bron]
Help met die vertaal na uw taal
Dear Wikipedians!
Wikimedia Ukraine, in cooperation with the MFA of Ukraine and Ukrainian Institute, has launched the sixth edition of writing challenge "Ukraine's Cultural Diplomacy Month", which lasts from 1st April until 30th April 2026.
The initiative aims to promote knowledge about Ukrainian culture abroad by creating and improving Wikipedia articles in multiple languages. This year marks the sixth edition of the campaign, which will focus on contemporary culture, making today’s artistic voices and practices more visible to international audiences.
🧩How to participate?
Choose an article from the suggested list → Write an article in your language, or improve an existing one according to the rules → Add your contribution to the contest page and calculate your points → Win prizes and receive a certificate of participation → Become a promoter of truthful knowledge about Ukraine.
🧩Check our main page for more information.
If you are interested in coordinating long-term community engagement for the campaign and becoming a local ambassador, we would love to hear from you! Please let us know your interest.
If not, then we encourage you to translate the landing page of the contest and banner into your own language.
Also, we set up a banner to notify users of the possibility to participate in this challenge!
Afrikaanse Wikipedia op die radio
[wysig bron]Geluk aan Gebruiker: SpesBona met sy onderhoud vandag (1 April 2026) op Radio Overberg. Die man kan nie net goed Afrikaans skryf nie maar ook sy sê sê. Die opname is gelaai op ons argief as nommer 16 van 2026. Sobaka (kontak) 09:28, 1 April 2026 (UTC)
- Baie dankie @Sobaka:. Dié onderhoud was baie lekker en ek het dit verskriklik geniet, hoewel ek ook baie opgewonde was. Dit is altyd lekker om in Afrikaans te gesels en 'n verskil te kan maak. Groete. --
SpesBona 21:20, 7 April 2026 (UTC)
Action Required: Update templates/modules for electoral maps
[wysig bron]Hello everyone,
This is a notice regarding an ongoing data migration on Wikidata that may affect your election-related templates and Lua modules (such as Module:Itemgroup/list).
The Change:
Currently, many templates pull electoral maps from Wikidata using the property P1846, combined with the qualifier P180: Q19571328.
We are migrating this data (across roughly 4,000 items) to a newly created, dedicated property: P14226.
What You Need To Do:
To ensure your templates and infoboxes do not break or lose their maps, please update your local code to fetch data from P14226 instead of the old P1846 + P180 structure. A list of pages was generated using Wikimedia Global Search.
Deadline:
We are temporarily retaining the old data on P1846 to allow for a smooth transition. However, to complete the data cleanup on Wikidata, the old P1846 statements will be removed after May 1, 2026. Please update your modules and templates before this date to prevent any disruption to your wiki's election articles.
Let us know if you have any questions or need assistance with the query logic. Thank you for your help! ZI Jony using MediaWiki message delivery (kontak) 17:11, 3 April 2026 (UTC)
- Hi Big Brother @Wikimedia. Luckily, we (on afwiki) will not be affected by your planned data migration, as every city/town/place article created on afwiki make use of an independent census site for eg. Modjadjiskloof. As far as I'm aware, it should not impact us, thanks! --
Aliwal2012 17:28, 3 April 2026 (UTC)
- As far as election maps goes, @Lefcentreright: can you please assist us here?
Aliwal2012 17:43, 3 April 2026 (UTC)
- Good evening, @Aliwal2012:, this migration doesn't seem to affect election-related maps on this Wikipedia. Kind regards, Lefcentreright (kontak) 20:12, 3 April 2026 (UTC)
- As far as election maps goes, @Lefcentreright: can you please assist us here?
Check Wikipedia hulpmiddel
[wysig bron]Ken jy hierdie hulpmiddel om sintaksfoute van Wikipedia te verwyder? Jcb (kontak) 19:51, 5 April 2026 (UTC)
- @Jcb:, nee ek ken dit nie. Kom ons kyk wat die ander manne sê... Groete! Oesjaar (kontak) 19:59, 5 April 2026 (UTC)
- Eerste keer wat ek dit sien. Baie dankie Dumbassman (kontak) 21:29, 5 April 2026 (UTC)
- @Jcb: hoe gereeld word die lyste opdateer? Groete! Oesjaar (kontak) 07:45, 6 April 2026 (UTC)
- Een keer per maand. As jy 'n fout regstel, kan jy dit van die lys verwyder deur op 'done' te klik. Jcb (kontak) 13:22, 6 April 2026 (UTC)
- Ek onthou hoe @Naudefj: dit vroeër met sy bot outomaties gedoen het. Frank, kan jy hier help asb? Dalk kan ons met elke wysiging ook outomaties 'n spasie tussen Normdata en Kategorieë plaas. Groete. --
SpesBona 21:16, 7 April 2026 (UTC)

Wysigingsversoek beveiligde bladsy
[wysig bron]Kan 'n administrateur op Tuisblad "{{localurl:{{NAMESPACE}}:{{PAGENAME}}|action=purge}}" vervang met "{{localurl:Tuisblad|action=purge}}" ? Jcb (kontak) 20:52, 6 April 2026 (UTC)
- @Jcb:
Uitgevoer en getoets. Dit werk. Groete. --
SpesBona 21:15, 6 April 2026 (UTC)
- Baie dankie! Jcb (kontak) 21:52, 6 April 2026 (UTC)
Goeienaand gemeenskap, is daar 'n deskundige wat die arm keiserpikkewyn se artikel op datum kan bring? Dié is nou ernstig bedreig, dit was wêreldwyd in die nuus. Groete. --
SpesBona 18:30, 11 April 2026 (UTC)
Hierdie kategorie...
[wysig bron]Gemeenskap, wat is die doel van hierdie kategorie: ''Kategorie:Artikels met hAudio-mikroformate''? Duidelik is hy onsigbaar. Groete! Oesjaar (kontak) 18:36, 21 April 2026 (UTC)
- Oom Pynappel sal die antwoord hê. Die res van ons weet ook nie. JMK (kontak) 20:27, 25 April 2026 (UTC)
Versoek vir kommentaar (globale KI beleid)
[wysig bron]Hiermee 'n versoek om kommentaar om oor 'n globale KI-beleid te besluit.
MediaWiki message delivery (kontak) 00:57, 26 April 2026 (UTC)
- Ek neem aan die besluit raak net die skep van inhoud en nie die vertaling daarvan nie. As vertaalmiddel is dit redelik nuttig, maar 'n mens moet baie aan die grammatika verander. ~ Burgert (kontak) 18:38, 30 April 2026 (UTC)
Flora kategorieë...
[wysig bron]@Rooiratel, BurgertB, SpesBona, en Sobaka:, menere kyk asb na die skakel: https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Flora Met my werk die afgelope jaar of drie saam met prof. van Wyk het ek feitlik die hele kategorie hiërargie van Flora oorgedoen en verbeter. Daar is nou feitlik 'n kategorie vir elke land en vele eilande wat onder kontinente en oseanië saamgestel is wat op hulle beurt na die Kategorie:Flora skakel. My vraag: het die Kategorie:Flora volgens land nog bestaansreg? Die bestaande Kategorieë:Flora volgens xxxx(vir elke land) skakel na Kategorie:Flora volgens kontinent; waar dit baie beter hanteerbaar en georden is.
Ek hoor graag julle mening. Groete! Oesjaar (kontak) 06:47, 11 Mei 2026 (UTC)
- @Oesjaar: ek is onseker. Lande is natuurlik mensgemaakte objekte en altyd polities van aard. Diere en plante word nie deur landsgrense afgebaken nie (behalwe vir sterk grense soos dié in Korea). Dan is daar ook kategorieë vir lande wat nie meer bestaan nie soos Kategorie:Flora van Joego-Slawië. Kategorie:Flora volgens land bevat ook eilande soos Kategorie:Flora van die Benedewindse Eilande, Kategorie:Flora van die Bismarckargipel Kategorie:Flora van Java, Kategorie:Flora van Rodrigues, ens. Behandel Kategorie:Flora van Taiwan die Flora van die eiland Taiwan of dié van die Republiek China? Myns insiens kan ons die Flora volgens die Floraryke kategorieseer, maar ek dink dit is weer baie werk. Ons kan maar ook die bestaande kategorieë opruim (soos genoem), dit sal minder werk wees en kan ook werk. Groete. --
SpesBona 09:00, 11 Mei 2026 (UTC) - Die Lande v eilande word meer ingewikkeld as ons aan eilandstate soos Indonesië dink. Bali, Java, Sulawesi en Sumatra is 100% Indonesies, maar Borneo en Nieu-Guinee is nie. Eersgenoemde kan ons onder Kategorie:Flora van Indonesië sorteer, maar wat doen ons met die ander twee? Is daar in die Indonesiese deel van Borneo dieselfde Flora as in die Maleisiese deel en in Broenei? Is daar oor die hele Nieu-Guinee dieselfde Flora (Indonesië en Papoea-Nieu-Guinee)? As dit die geval is, dan kan ons die eilande onder die lande sorteer en vermy dubbelkategoriserings. As dit nie die geval is nie, word dit meer ingewikkeld. Groete. --
SpesBona 09:35, 11 Mei 2026 (UTC)