Gaan na inhoud

Suid-Afrikaanse nasionale vrouerugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Suid-Afrika
Unie Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU)
Bynaam(e) Vroue-Springbokke, Springbok Women
Embleem Springbok
President Mark Alexander
Afrigter(s) Vlag van Suid-Afrika Swys de Bruin
Kaptein(s) Nolusindiso Booi
Spankleure


Alt. kleure
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 5–8 Wallis Vlag van Wallis
(Port Elizabeth, Suid-Afrika; 29 Mei 2004)
Grootste oorwinning
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 128–3 Namibië Vlag van Namibië
(Kaapstad, Suid-Afrika; 23 Junie 2022)
Grootste nederlaag
Vlag van Engeland Engeland 101–0 Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika
(Molesey, Engeland; 14 Mei 2005)
Wêreldbeker
Verskynings 5/10 (Eerste in 2006)
Beste uitslag Kwarteindrondte in 2025
Unie webwerf
www.sarugby.co.za

Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouerugbyspan (oftewel Vroue-Springbokke; Engels: Springbok Women) is die nasionale vrouerugbyspan wat Suid-Afrika in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Die span se bynaam is ontleen aan die springbok, die nasionale dier van Suid-Afrika. Rugby is een van Suid-Afrika se nasionale sportsoorte en die nasionale span word deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) geadministreer.

Suid-Afrika het in 2004 sy eerste toetswedstryd teen Wallis gespeel. Suid-Afrika se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Suid-Afrika het tot dusver vir vyf van die tien toernooie gekwalifiseer en tydens die 2025-toernooi met die Kwarteindstryd hul beste prestasie behaal. Sedert 2019 neem Suid-Afrika aan die jaarlikse Afrikakampioenskap deel en het al die toernooie beklink. Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouerugbyspan is tans (September 2025) tiende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[1] Suid-Afrikaanse spelers dra tradisioneel groen-en-goud truie, wit broeke en groen-en-goud sokkies.

Beheerliggaam

[wysig | wysig bron]

Die beheerliggaam vir rugby in Suid-Afrika is die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU), tot in 2005 Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie (SARVU) genoem. Dit het in 1992 met die saamsmelting van die blanke Suid-Afrikaanse Rugbyraad en die multiëtniese Suid-Afrikaanse Rugbyunie ontstaan. Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam kon in Julie dieselfde jaar aansluit by die Konfederasie van Afrikarugby (Engels: Confederation of African Rugby; Frans: Confédération Africaine de Rugby; nou Rugby Afrika) en is sedertdien by verre die vasteland se belangrikste beheerliggaam.[2] Die belangrikste rugbyliga in Suid-Afrika is die Vrouepremierafdeling, waaraan agt spanne deelneem.[3] Benede word die Vroue Eerste Afdeling tussen sewe spanne beslis.[4]

Naas die amptelike nasionale span roep die SARU ook ander keurspanne byeen. Die Vroue-Blitsbokke is die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan.[5] Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Elke Suid-Afrikaanse universiteit beskik oor ’n eie vrouerugbyspan wat aan die Varsityvrouebeker deelneem.[6]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Suid-Afrika tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014

In 2004 het die Suid-Afrikaanse nasionale vrouerugbyspan sy eerste toetswedstryd teen Wallis gespeel.[7] Hulle het die Afrikakampioenskap vier keer gewen: in 2019, 2022, 2024 en 2025.[8][9] In September 2022 het Suid-Afrika ná oorwinnings oor Japan en Spanje die elfde plek op Wêreldrugby se wêreldranglys behaal.[10]

Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025 het die Vroue-Springbokke ná ’n duidelike oorwinning oor die debutant Brasilië vir die eerste keer Italië geklop, gevolg deur ’n swak nederlaag teen Frankryk, waarmee die Suid-Afrikaners vir die eerste keer die kwarteindrondte gehaal het.[11] Suid-Afrika het egter teen Nieu-Seeland vasgeval.[12]

Springboktrui

[wysig | wysig bron]

Suid-Afrika speel in groen truie met ’n goue kraag, wit broeke en groen sokkies. Op die linker bors is die Suid-Afrikaanse Rugbyuniekenteken en op die regter bors die springbokkenteken geborduur. Geel/goud en groen is die nasionale sportkleure van Suid-Afrika en word ook op die landsvlag gebruik.[13]

Stadions

[wysig | wysig bron]

Net soos ander vername rugbylande soos Frankryk, Ierland, Italië, Kanada, Nieu-Seeland, Skotland, die Verenigde State en Wallis beskik Suid-Afrika oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Suid-Afrikane gebruik vir hul toetse eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Suid-Afrika.

Toetswedstryde

[wysig | wysig bron]

Suid-Afrika het 37 van sy 84 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 44,05%. Skotland se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Australië Australië40400,00
Vlag van Brasilië Brasilië1100100,00
Vlag van Engeland Engeland60600,00
Vlag van Fidji Fidji10100,00
Vlag van Frankryk Frankryk60450,00
Vlag van Ierland Ierland10100,00
Vlag van Italië Italië20200,00
Vlag van Japan Japan211050,00
Vlag van Kameroen Kameroen2200100,00
Vlag van Kanada Kanada60600,00
Vlag van Kasakstan Kasakstan431075,00
Vlag van Kenia Kenia7700100,00
Vlag van Madagaskar Madagaskar3300100,00
Vlag van Namibië Namibië1100100,00
Vlag van Nederland Nederland2200100,00
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland20200,00
Vlag van Samoa Samoa311133,33
Vlag van Skotland Skotland523040,00
Vlag van Spanje Spanje963066,67
Vlag van Uganda Uganda3300100,00
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State615016,67
Vlag van Wallis Wallis826025,00
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe1100100,00
Algeheel843745244,05

Rekords

[wysig | wysig bron]

Wêreldbekerrekord

[wysig | wysig bron]

Suid-Afrika het tot dusver aan vyf vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die Kwarteindrondte tydens die 2025-toernooi.

JaarUitslag
1991Nie genooi nie
1994Nie genooi nie
1998Nie genooi nie
2002Nie genooi nie
2006Twaalfde plek
2010Tiende plek
2014Tiende plek
2017Nie gekwalifiseer nie
2021Groepfase
2025Kwarteindrondte
2029N.v.t.
2033N.v.t.

Afrikakampioenskappe

[wysig | wysig bron]

Suid-Afrika neem sedert 2019 aan die jaarlikse Afrikakampioenskappe deel en het al die toernooie gewen.

  • Titeloorwinnings (4): 2019, 2023, 2024, 2025

Spelers

[wysig | wysig bron]

Huidige span

[wysig | wysig bron]

Die volgende spelers het die Suid-Afrikaanse span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:[14]

Agterspelers
SpelerPosisieKlubToetswedstryde
Unam ToseSkrumskakelBulle Daisies27
Tayla KinseySkrumskakelSharks40
Libbie Janse van RensburgLosskakelBulle Daisies27
Mary ZuluLosskakelBulle Daisies15
Zintle MpuphaSenterBulle Daisies26
Aphiwe NgwevuSenterBorder Ladies27
Chumisa QaweSenterBulle Daisies22
Eloise WebbSenterBulle Daisies17
Jakkie CilliersVleuelBulle Daisies19
Ayanda MalingaVleuelBulle Daisies13
Maceala SamboyaVleuelBoland Dames4
Byrhandré DolfHeelagterBulle Daisies22
Nadine RoosHeelagterklubloos18
Voorspelers
SpelerPosisieKlubToetswedstryde
Micke GünterHakerLeicester Tigers13
Lindelwa GwalaHakerklubloos35
Luchell HanekomHakerWestelike Provinsie9
Sanelisiwe CharlieStutBulle Daisies26
Xoliswa KhuzwayoStutGoue Leeus8
Yonela NgxingoloStutBulle Daisies35
Babalwa LatshaStutklubloos36
Nombuyekezo MdlikiStutBorder Ladies5
Nolusindiso Booi KapteinSlotWestelike Provinsie52
Danelle LochnerSlotHarlequins19
Nomsai MokwaiSlotWestelike Provinsie13
Anathi QoloSlotBulle Daisies9
Vainah UbisiSlotBulle Daisies18
Aseza HeleLosvoorspelerBoland Dames28
Catha JacobsLosvoorspelerklubloos22
Lerato MakuaLosvoorspelerBulle Daisies15
Sinazo McatshulwaLosvoorspelerklubloos38
Sizophila SolontsiLosvoorspelerBulle Daisies28
Faith TshaukeLosvoorspelerBulle Daisies3

Bekende spelers

[wysig | wysig bron]

Tot dusver is nog geen Suid-Afrikaanse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Women's and Men's Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 15 September 2015.
  2. (en) "Rugby Africa Unions". Rugby Afrika. 2020. Besoek op 15 September 2015.
  3. (en) "Women's Premier Division". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Besoek op 15 September 2015.[dooie skakel]
  4. (en) "Women's First Division". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Besoek op 15 September 2015.[dooie skakel]
  5. (en) "Springbok Women's Sevens". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Besoek op 15 September 2015.
  6. (en) "Main page". Varsity Cup. Besoek op 15 September 2015.
  7. (en) "Expanding women's game a priority for SA Rugby". Rugby Afrika. 3 Maart 2022. Besoek op 15 September 2025.
  8. (en) "Springbok Women Qualify for 2021 Women's Rugby World Cup". Rugby Afrika. 18 Augustus 2019. Besoek op 15 September 2025.
  9. (en) "Springbok Women". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Besoek op 15 September 2025.
  10. (en) "Bok Women 'not just participants' at World Cup". SA Rugby magazine. 22 September 2022. Besoek op 15 September 2025.
  11. (en) Sarah Rendell (31 Augustus 2025). "Rugby World Cup roundup: France demolish Brazil, South Africa edge Italy, Ireland win". The Guardian. Besoek op 15 September 2025.
  12. (en) "'They made a difference for millions of girls': losing quarter-finalists reflect on era-defining tournament". rugbyworldcup.com. 15 September 2025. Besoek op 15 September 2025.
  13. (en) "Flagging the "new" South Africa, 1910–2010". SciELO. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2023. Besoek op 15 September 2025.
  14. (en) "Booi leads experienced squad to Women's RWC 2025". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 9 Augustus 2025. Besoek op 15 September 2025.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]