Samoaanse nasionale vrouerugbyspan
| Samoa | ||||
![]() | ||||
| Unie | Rugby Samoa (RS) | |||
| Bynaam(e) | Manusina Samoa | |||
| Embleem | die Suiderkruis | |||
| Stadion | Apiapark, Apia | |||
| Kapasiteit | 12 000 | |||
| Afrigter(s) | ||||
| Kaptein(s) | Sui Pauaraisa | |||
Spankleure
|
||||
| Eerste internasionale wedstryd | ||||
(Apia, Samoa; 15 Julie 2000) | ||||
| Grootste oorwinning | ||||
(Pukekohe, Nieu-Seeland; 13 Julie 2022) | ||||
| Grootste nederlaag | ||||
(Northampton, Engeland; 30 Augustus 2025) | ||||
| Wêreldbeker | ||||
|---|---|---|---|---|
| Verskynings | 4/10 (Eerste in 2002) | |||
| Beste uitslag | Negende plek in 2002 | |||
| Unie webwerf | ||||
| www.manusamoa.com | ||||
Die Samoaanse nasionale vrouerugbyspan (Engels: Samoa women’s national rugby union team; Samoaans: Manusina Samoa) is die nasionale vrouerugbyspan wat Samoa in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Samoa geadministreer deur Rugby Samoa (Lakapi Samoa) wat in 1924 gestig is. Samoa is een van die min lande waar rugby die hoofsport is.[1] Samoa se bynaam is Manusina Samoa en hulle speel tradisioneel in blou truie met wit broeke en blou sokkies.
Samoa het in 2000 sy eerste internasionale wedstryd teen Japan gespeel. Die span neem deel aan die jaarlikse Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap, saam met Fidji, Papoea-Nieu-Guinee en Tonga. Samoa het tot dusver vir vier van die tien vrouerugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer; in 2002 het hulle met die negende plek hul beste prestasie behaal. Die Samoaanse vrouerugbyspan is tans (September 2025) 15de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[2]
Beheerliggaam
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugby Samoa.
Die beheerliggaam vir rugby in Samoa is Rugby Samoa (Samoaans: Lakapi Samoa). Rugby Samoa is in 1924 gestig en het in 1988, net ná die eerste mansrugbywêreldbekertoernooi, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword.[3] Daarbenewens was Rugby Samoa in 2000 ’n stigtingslid van die Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nou Oseanië Rugby).[4]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]
Samoa het tot dusver vir drie vrouerugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer: in 2002, 2006 en 2014.[5]
Die Samoane het die Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap 2019 in Fidji beklink.[6] In Julie 2021 sou die span twee toetswedstryde teen Australië speel, maar hulle moes vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie gekanselleer word.[7][8][9]
As gevolg van die reisbeperkings tydens die wêreldwye Covid-19-pandemie het die span homself aan die Vrouerugbywêreldbeker 2021-kwalifisering in Doebai onttrek.[10][11][12]
In 2023 het die Samoane hul eerste Oseanië-titel ná ’n oorwinning oor die Fidjiane ingepalm.[13][14] Daarmee het hulle ook vir Wêreldrugby se eerste WXV-toernooi in afdeling WXV 2 gekwalifiseer.[13][14]
Kleure, embleem en bynaam
[wysig | wysig bron]Samoa speel tradisioneel in ’n blou trui met wit kleuraksente, wit broeke en blou sokkies. Hul alternatiewe trui is wit met blou kleuraksente, blou broeke en wit sokkies.
Die beheerliggaam Rugby Samoa se kenteken toon die wapen van Samoa met die belettering Samoa Rugby Union daaronder. Die embleem toon die Suiderkruis, die nasionale simbool van Samoa. Die nasionale span se bynaam is Manusina Samoa.
Tuisstadion
[wysig | wysig bron]Samoa se tuisstadion is die Apiapark in die hoofstad Apia met ’n kapasiteit van 8 000. Dié stadion is in 1924 ingewy en het sedertdien elke tuiswedstryd aangebied.[15]
Toetswedstryde
[wysig | wysig bron]Samoa het 21 van sy 43 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 48,84%. Samoa se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):
| Opponent | Gespeel | Gewen | Verloor | Gelykop | % Gewen |
|---|---|---|---|---|---|
| 2 | 0 | 2 | 0 | 0,00 | |
| 3 | 0 | 3 | 0 | 0,00 | |
| 7 | 3 | 4 | 0 | 42,85 | |
| 1 | 1 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 1 | 1 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 1 | 0 | 1 | 0 | 0,00 | |
| 1 | 0 | 1 | 0 | 0,00 | |
| 1 | 0 | 1 | 0 | 0,00 | |
| 3 | 3 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 1 | 1 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 2 | 0 | 2 | 0 | 0,00 | |
| 4 | 4 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 1 | 0 | 1 | 0 | 0,00 | |
| 3 | 0 | 3 | 0 | 0,00 | |
| 2 | 1 | 0 | 1 | 50,00 | |
| 1 | 1 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 5 | 5 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 2 | 0 | 2 | 0 | 0,00 | |
| 1 | 1 | 0 | 0 | 100,00 | |
| Algeheel | 43 | 21 | 21 | 1 | 48,84 |
Rekords
[wysig | wysig bron]Wêreldbekerrekord
[wysig | wysig bron]Samoa het tot dusver vir vier vrouerugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Hul beste prestasie was die negende plek tydens die 2002-toernooi.
| Jaar | Uitslag |
|---|---|
| 1991 | Nie genooi nie |
| 1994 | Nie genooi nie |
| 1998 | Nie genooi nie |
| 2002 | Negende plek |
| 2006 | Tiende plek |
| 2010 | Nie gekwalifiseer nie |
| 2014 | Elfde plek |
| 2017 | Nie gekwalifiseer nie |
| 2021 | Nie deelgeneem nie |
| 2025 | Groepfase |
| 2029 | N.v.t. |
| 2033 | N.v.t. |
Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap
[wysig | wysig bron]Samoa se enigste jaarlikse toernooi sedert 2016 is die Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap, waartydens hulle teen Fidji, Papoea-Nieu-Guinee en Tonga speel. Hulle het die toernooi een keer gewen.
- Titeloorwinnings (1): 2023
Spelers
[wysig | wysig bron]Huidige span
[wysig | wysig bron]Die volgende spelers het die Samoaanse span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:[16]
|
|
Bekende spelers
[wysig | wysig bron]Tot dusver is nog geen Samoaanse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.
Afrigters
[wysig | wysig bron]Die volgende persone het al as hoofafrigters van Manusina Samoa gedien:
| Naam | Tydperk |
|---|---|
| 2002 | |
| 2013 | |
| 2014–? | |
| sedert 2018 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Rugby History in Fiji". Teivovo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2007. Besoek op 14 November 2007.
- ↑ (en) "Women's and Men's Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 9 September 2025.
- ↑ (en) "Samoa". Wêreldrugby. Besoek op 22 September 2024.
- ↑ (en) Robert F. Dewey (2012). John Nauright, Charles Parrish (red.). Rugby Union Football, Pacific Islands (1 uitg.). Santa Barbara: ABC-Clio. pp. 445–447. ISBN 978-1-59884-300-2.
{{cite book}}:|work=ignored (hulp) - ↑ (en) "Sport: World Cup qualification a boost for Fiji women's rugby". Radio New Zealand. 4 Desember 2019. Besoek op 16 Junie 2025.
- ↑ (en) "Samoa win Asia Pacific Women's Rugby Championship". rugbyworldcup.com. 3 Junie 2019. Besoek op 19 November 2021.
- ↑ (en) "Manusina women to play two tests vs Wallaroos". Radio New Zealand. 11 Mei 2021. Besoek op 16 Junie 2025.
- ↑ (en) "Wallaroos and Manusina to meet in two-test series". Wêreldrugby. 12 Mei 2021. Besoek op 19 November 2021.
- ↑ (en) John Birch (27 Junie 2021). "COVID fears hit Australian XVs season". Scrum Queens. Besoek op 16 Junie 2025.
- ↑ (en) "Women's Rugby World Cup 2021: Scotland in play-off final after Hong Kong and Samoa withdraw". BBC. 21 Januarie 2022. Besoek op 16 Junie 2025.
- ↑ (en) Ali Iveson (22 Januarie 2022). "Samoa and Hong Kong pull out of Rugby World Cup qualifying due to COVID-19 issues". Inside the Games. Besoek op 16 Junie 2025.
- ↑ (en) "Statement regarding Rugby World Cup 2021 Final Qualification Tournament". Women Rugby. 22 Januarie 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2025. Besoek op 16 Junie 2025.
- 1 2 (en) "Cassie Siataga inspires Samoa to first Oceania crown". Wêreldrugby. 4 Junie 2023. Besoek op 5 Junie 2023.
- 1 2 (en) Akuila Cama (5 Junie 2023). "Fijiana 15s falls, Samoa creates history". Fijian Broadcasting Corporation. Besoek op 16 Junie 2025.
- ↑ (en) John Naurigh, Charles Parrish (2012). Sports Around the World: History, Culture, and Practice. Santa Barbara: ABC-CLIO. p. 446. ISBN 978-1-59884-300-2.
- ↑ (en) "Samoa announce squad for Women's RWC 2025". Wêreldrugby. 1 Augustus 2025. Besoek op 8 September 2025.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Samoaanse nasionale vrouerugbyspan. |
