Gaan na inhoud

Russiese Ryk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Российская империя
Rossiiskaja Imperija

Russiese Ryk

1721  1917
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Съ нами Богъ!
(Russies vir: "God is met ons!")
Volkslied: Боже, Царя храни!
(Russies vir: "God beskerm die Tsaar!")
Ligging of Russiese Ryk
Ligging of Russiese Ryk
Die Russiese Ryk in sy grootste uitbreiding in 1867
Hoofstad Sint Petersburg (1721–1728)
Moskou (1728–1730)
Sint Petersburg (1730–1917)
Taal/Tale Russies
Fins (Finland)
Pools (Pole)
Regering Monargie
Wetgewer Regerende Senaat
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Verdrag van Nystad11 Oktober 1721
 - Russiese Rewolusie25 Oktober 1917
Oppervlakte
 - 186623 700 000 km2
9 150 621 sq mi
 - 191621 799 825 km2
8 416 959 sq mi
Bevolking
 - 1866 skatting181 537 800 
     Digtheid7,7 /km² 
19,8 /sq mi
Geldeenheid Russiese roebel

Die Russiese Ryk (moderne Russies: Российская империя, transliterasie: Rossiiskaja Imperija) was ’n staat wat van 1721 tot met die Russiese Rewolusie van 1917 bestaan het. Dit was die opvolger van die Tsaredom Rusland en die voorganger van die Sowjetunie.

Groote Wapen van die Russiese Ryk tussen 1882 en 1917
Die Russiese Ryk in 1912
Die Russiese Ryk in 1914
Etniese groepe in die Europese Rusland in 1914

Die Russiese Ryk was een van die grootstes in die geskiedenis. Op een tydstip in 1866 het dit van Oos-Europa, oor Noord-Asië tot in Noord-Amerika gestrek. Aan die begin van die 19de eeu was Rusland die grootste land in die wêreld en het dit van die Arktiese Oseaan in die noorde tot by die Swartsee in die suide gestrek en van die Oossee in die weste tot by die Stille Oseaan in die ooste. Oor hierdie uitgestrekte ryk was die ryk se 150 miljoen onderdane gestrooi: van arm, ongeletterde plattelanders tot ryk adellike families. Die ryk, met die keiser aan die hoof, was een van die laaste absolute monargieë in Europa.

Die Russiese Ryk was die natuurlike opvolger van die Tsaredom Rusland. Hoewel tsaar Pieter I die ryk eers amptelik ná die Verdrag van Nystad (1721) geproklameer het, meen sommige geskiedkundiges dat dit eintlik ontstaan het toe Pieter I die troon vroeg in 1682 bestyg het.

Die administratiewe grense van Europese Rusland, Finland uitgesluit, het rofweg die natuurlike grense van die Oos-Europese vlaktes gevolg. In die noorde het dit die Arktiese Oseaan ontmoet (die eilande van Nowaja Semlja, Kolgoejef en Waigatsj het ook daartoe behoort), maar die Karasee is as deel van Siberië beskou. In die ooste was daar die ryk se Asiatiese heerskappye: Siberië en die Kirgisiese steppe; albei was egter deur die Oeralgebergte, die Oeralrivier en die Kaspiese See van die Russiese Ryk geskei. Die administratiewe grens het egter gedeeltelik gestrek tot aan die Siberiese hang van die Oeralgebergte in Asië. In die suide was daar die Swartsee en die Kaukasus; laasgenoemde is deur die Manitsj-laagte van die ryk geskei. Dié laagte het in Post-Plioseense tye die See van Azof met die Kaspiese See verbind. Die westelike grens was suiwer konvensioneel: dit het die skiereiland van Kola gekruis vanaf die Varangerfjord tot by die Golf van Botnië; daarvandaan het dit gestrek tot by die Koerse strandmeer in die Suidelike Oossee en daarvandaan tot by die mond van die Donau. Uit die Donau het dit in ’n sirkelvorm na die Weste geswaai om Pole te omarm en Rusland van Pruise, Oostenrykse Galisië en Roemenië te skei.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Russiese Ryk.
  • (en) "Russian Empire". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 Januarie 2026.


Koloniale ryke

Vlag van Verenigde State van Amerika Amerikaans   Vlag van Australië Australies   Vlag van België Belgies   Vlag van Verenigde Koninkryk Brits   Vlag van Denemarke Deens   Vlag van Duitse Keiserryk Duits   Vlag van Engeland Engels   Vlag van Frankryk Frans   Vlag van Oostenryk-Hongarye Habsburgs   Vlag van Italië Italiaans   Vlag van Japannese Keiserryk Japannees   Koers   Vlag van Nederland Nederlands   Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seelands   Vlag van Noorweë Noors   Vlag van Ottomaanse Ryk Ottomaans   Vlag van Portugal Portugees   Vlag van Rusland Russies   Vlag van Spanje Spaans   Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaans   Sweeds