Robin Peterson
| Robin Peterson | ||||||
|---|---|---|---|---|---|---|
| Volle naam | Robin John Peterson | |||||
| Gebore | 4 Augustus 1979 Port Elizabeth, Kaapprovinsie, Suid-Afrika | |||||
| Bynaam(e) | Robbie P | |||||
| Kolfstyl | Linkshandig | |||||
| Boulstyl | Linkerarm stadig ortodoks | |||||
| Rol | Veelsydig | |||||
| Internasionale geskiedenis | ||||||
| Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
| Toetsdebuut (no 291) | 1-4 Mei 2003 v Bangladesj | |||||
| Laaste Toets | 12 Februarie 2014 v Australië | |||||
| Toetshempno. | 56 | |||||
| EDI debuut (no 70) | 25 September 2002 v Indië | |||||
| Laaste EDI | 11 November 2013 v Pakistan | |||||
| T20I debuut (no 22) | 24 Februarie 2006 v Australië | |||||
| Laaste T20I | 3 Maart 2013 v Pakistan | |||||
| Eersterangse spaninligting | ||||||
| Jaar(e) | Span | |||||
| 1997–2004 | Oostelike Provinsie | |||||
| 2004–2009 | Warriors | |||||
| 2009–huidig | Kaapse Kobras | |||||
| 2010 | Derbyshire | |||||
| 2012 | Mumbai Indians | |||||
| Loopbaanstatistiek | ||||||
| Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | T20I | |
| Wedstryde | 14 | 77 | 134 | 206 | 20 | |
| Lopies aangeteken | 433 | 545 | 4,504 | 2,885 | 120 | |
| Kolfgemiddeld | 28.86 | 20.96 | 25.73 | 25.53 | 15.00 | |
| 100s/50s | 0/2 | 0/1 | 6/17 | 1/16 | 0/0 | |
| Hoogste telling | 84 | 68 | 130 | 101 | 34 | |
| Aflewerings geboul | 2,311 | 3,193 | 24,149 | 8,589 | 335 | |
| Paaltjies | 35 | 70 | 373 | 224 | 21 | |
| Boulgemiddeld | 36.57 | 37.20 | 32.79 | 29.84 | 20.14 | |
| 5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 1 | 0 | 15 | 4 | 0 | |
| 10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | n/a | 1 | - | - | |
| Beste boulontleding | 5/33 | 4/12 | 6/67 | 7/24 | 3/30 | |
| Vangskote/Stonkings | 8/– | 27/- | 63/- | 78/- | 9/- | |
| Bron: Cricinfo, 12 Februarie 2014 | ||||||
Robin John Peterson (* 4 Augustus 1979 in Port Elizabeth, Kaapprovinsie) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy is 'n linkerarm-bouler en veelsydige speler. Hy het by Alexander Road High School in Port Elizabeth gematrikuleer in 1997. Hy speel vir die Kaapse Kobras in plaaslike Suid-Afrikaanse krieket.
Peterson maak sy EDI-debuut op 25 September 2002, teen Indië in Colombo. Hy het 15 toetse en meer as 70 eendagwedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2003, 2007 en 2011, die Kampioenetrofeë in 2002, 2004, 2006, 2009 en 2013, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009 en 2012 vir Suid-Afrika gespeel.
Hy hou die twyfelagtige rekord as die bouler van wie Brian Lara 'n wêreldrekord van 28 lopies in 'n enkele boulbeurt gemoker het.[1]
In Desember 2009 word daar aangekondig dat hy 'n Kolpak-kontrak onderteken het om vir Derbyshire graafskapskrieket te speel.[2]
Hy is in die 2012 Indiese Premier League spelersveiling deur die Mumbai Indians vir $ 100 000 gekoop.[3]
Hy was die laaste bouler om Ricky Ponting uit te haal in toetskrieket, op glip gevang deur Jacques Kallis, ná Ponting net 8 lopies in sy laaste toetsbeurt kon aanteken.
Beste vertonings van sy loopbaan
[wysig | wysig bron]soos op 1 Februarie 2014
| Kolf | Boul | |||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Lopies | Wedstryd | Plek | Seisoen | Boulsyfer | Wedstryd | Plek | Seisoen | |
| Toetse | 61 | Suid-Afrika v Bangladesj | Dhaka | 2003 | 6-44 | Proteas v Bangladesj | Mirpur | 2011 |
| EDI | 23 | Proteas v Wes-Indië | Centurion | 2004 | 2-26 | Proteas v Pakistan | Faisalabad | 2006 |
| Twintig20 Internasionaal | 34 | Proteas v Australië | Centurion | 2009 | 3-30 | Proteas v Australië | Wanderers | 2007 |
| Eersterangs | 130 | Oostelike Provinsie v Gauteng | Wanderers | 2002 | 6-67 | Oostelike Provinsie v Grens | 1999 | |
| A-lys | 101 | Oostelike Provinsie v Grens | St George's Park, Port Elizabeth | 2001 | 7–24 | Warriors v Eagles | Buffalopark, Oos-Londen | 2008 |
| Twintig-20 | 72* | Warriors v Dolphins | Oos-Londen | 2008 | 3–24 | Warriors v Eagles | St George's Park, Port Elizabeth | 2009 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Most runs off one over". www.cricinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2010. Besoek op 29 Desember 2013.
- ↑ (en) "Derbyshire Sign All-Rounder Peterson". Cricket World. 1 Desember 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2010. Besoek op 2 Desember 2009.
- ↑ (en) "IPL auction 2012".
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Robin Peterson.- (en) Robin Peterson by CricketArchive
- (en) Robin Peterson by Cricinfo