Pilatus PC-12
Voorkoms
| Pilatus PC-12 | |
|---|---|
| Koninklike Vlieënde Dokterdiens van Australië PC-12, eerste en een van die grootste gebruikers | |
| Tipe | Opleidingsvliegtuig |
| Vervaardiger | Pilatus Aircraft, Switserland |
| Nooiensvlug | 31 Mei 1991 |
| Bekendstelling | 1994 |
| Status | In produksie |
| Hoofgebruikers | PlaneSense Koninklike Vlieënde Dokterdiens van Australië Amerikaanse Lugmag |
| Vervaardig | 1991 tot tans |
| Aantal gebou | 1 700[1] |
| Eenheidskoste | VS$ 4,39 miljoen (basiese NGX, 2020) VS$ 5,369 miljoen (tipiese voltoegeruste besigheids-NGX, 2020) |
Die Pilatus PC-12 is 'n enkelmotorige turboskroef passasiers- en ligte vragvliegtuig wat sedert 1991 deur Pilatus Aircraft van Stans, Switserland gebou word. Die doelwitmarksegment vir die vliegtuig is die korporatiewe mark en streekslugrederye. Die PC-12 is die wêreld se besverkoper enkelmotorige turbineaangedrewe vliegtuig en beklee al vir 'n klompie jare die posisie met 1 700 aflewerings teen Oktober 2019.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Pilatus (22 Oktober 2019). "The World’s Best Turboprop – Better Than Ever: Pilatus Reveals the PC-12 NGX". Persberig. Archived from the original on 2 November 2021. https://web.archive.org/web/20211102091112/https://www.pilatus-aircraft.com/en/news-events/media-release/the-world-s-best-turboprop-better-than-ever-pilatus-reveals-the-pc-12-ngx. Besoek op 18 Desember 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pilatus PC-12.