Gaan na inhoud

Olimpiese Somerspele 1912

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die Ve Olimpiade
Olimpiesespele van 1912

Gehou in Stockholm, Swede
Deelnemende lande 28 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 2 407 (2 359 mans, 48 vroue)[2]
Items 102 in 14 sporte[4]
Openingseremonie 5 Mei 1912
Sluitingseremonie 27 Julie 1912
Amptelik geopen deur koning Gustaf V[6]
Atlete-eed (sedert 1920)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1908: Londen (VK)
Volgende Spele 1916: Berlyn (Duitsland)

Die Olimpiese Somerspele 1912 (Sweeds: Olympiska sommarspelen 1912), amptelik bekend as die Spele van die Vde Olimpiade, is tussen 5 Mei en 27 Julie 1908 in Stockholm, Swede, aangebied. Stockholm was die enigste kandidaatstad en is in 1909 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) as gashouer benoem.[7]

Die Olimpiese Stadion in Stockholm, wat ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele 1912 opgerig is

Hierdie spele was 'n toonbeeld van effektiwiteit, vir die eerste keer word van 'n omroepstelsel en elektroniese tydmeting gebruik gemaak. Vir die Spele bou die organisasiekomitee die bekende rooi baksteen-stadion met sy middeleeuse aansig, wat twee-en-dertigduisend toeskouers kon akkommodeer. Die swemitems vind in die soutwater swembad van Djurgårdsbrunnsviken, in die stadsentrum van Stockholm plaas. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog twee jaar later.

Sporte

[wysig | wysig bron]

14 Olimpiese sportsoorte in 102 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 103 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions

[wysig | wysig bron]
Openingseremonie van die 1912 Stockholm-Spele
Die Sweedse span tydens die openingsplegtigheid

Twaalf sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1912 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit
BarkarbyModerne vyfkamp (perdry)Nie gelys nie
DjurgårdsbrunnsvikenSierduik, Moderne vyfkamp (swem), Roei, Swem, WaterpoloNie gelys nie
FältrittklubbenRuitersport (uithouvermoë)Nie gelys nie
KaknäsModerne vyfkamp (skiet)Nie gelys nie
LiljeholmenFietsry, RuitersportNie gelys nie
LindarängenRuitersport (Veelsydigheidshindernisloop)Nie gelys nie
MälarenFietsryNie gelys nie
NynäshamnSeilvaartNie gelys nie
Östermalm AtletiekgrondRuitersport, Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport), TennisNie gelys nie
Råsunda-stadionSokker, SkyfskietNie gelys nie
Olimpiese Stadion StockholmAtletiek, Ruitersport, Sokker, Gimnastiek, Moderne vyfkamp (hardloop), Toutrek, Stoei33 000
Tranebergs IdrottsplatsSokkerNie gelys nie

Deelnemende nasies

[wysig | wysig bron]
Kaart van deelnemende nasies in 1912:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Stockholm

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig | wysig bron]
Suid-Afrika se Rudolph Lewis tydens die Olimpiese Somerspele 1912

Suid-Afrika neem aan hierdie Spele deel en behaal 'n algehele sewende plek met vier goue en twee silwermedaljes. Rudolph Lewis wen onder andere 'n goue medalje in fietsry en word so die eerste Suid-Afrikaner om 'n goue medalje in die sport te wen.[8] Kenneth McArthur wen die goue medalje in maraton en sy landgenoot Christopher Gitsham wen die silwermedalje.

Suid-Afrika wen die goue medalje in tennisdubbelspel en Charles Lyndhurst Winslow wen goud in die enkelspel terwyl Harry Austin Kitson 'n silwermedalje losslaan.[9]

Getal medaljes

[wysig | wysig bron]
Fanny Durack en Mina Wylie, die goue en silwermedaljes in die eerste vroue se individuele swem-geleentheid

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)17425191963
2Vlag van Swede Swede (SWE)44424241765
3Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)27910151641
4Vlag van Rusland Finland (FIN)16498926
5Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)11274314
6Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk (GER)187513725
7Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)214206
8Vlag van Noorweë Noorweë (NOR)1914149
9Vlag van Kanada Kanada (CAN)363238
Vlag van Hongarye Hongarye (HUN)1193238

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  4. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  5. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  6. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  7. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  8. (af) Die man wat alleen gery het. Beeld. 7 Julie 2012.
  9. SA se geskiedenis by die Olimpiese Spele, Rapport, 1 Julie 2012

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030   2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.