Migael I van Konstantinopel

Migael I van Konstantinopel (Keroularios, Grieks: Μιχαὴλ Κηρουλάριος; omstreeks 1000 - 21 Januarie 1059) was van 1043-1059 die Ekumeniese Patriarg van Konstantinopel. Sy dispute met pous Leo IX oor kerkpraktyke in die 11de eeu het 'n rol gespeel in die Oos-Wes-skisma van 1054.[1]

Agtergrond
[wysig | wysig bron]Migael Keroularios is omstreeks 1000 in Konstantinopel gebore en het op 'n jong ouderdom by die Katolieke Kerk van die Romeinse Ryk aangesluit. Hy het in 1043 die Ekumeniese Patriarg van Konstantinopel geword.
Migael I het met pous Leo IX gestry oor kerkpraktyke waaroor die Roomse Kerk verskil het van Konstantinopel, veral die gebruik van ongegiste brood in die Nagmaal.[2] Verskillende opinies is ook uitgeruil oor ander teologiese en kultuurkwessies, van die kwessie van die pous se oppermag in die Kerk tot die Filioque-klousule.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Charanis, Peter (1969) [1955]. "The Byzantine Empire in the Eleventh Century". A History of the Crusades. Vol. 1 (2nd uitg.). Madison: University of Wisconsin Press. pp. 177–219. ISBN 978-0-299-04834-1.
- ↑ Michael Cærularius – artikel in die Catholic Encyclopedia
Skakels
[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.