Kombuis-Duits
Voorkoms
| Kombuis-Duits Küchendeutsch | ||
|---|---|---|
| Gepraat in: | ||
| Totale sprekers: | 15 000 | |
| Taalfamilie: | Germaans Wes-Germaans Hoog-Duits Duits Kombuis-Duits | |
| Skrifstelsel: | Latyns (Duitse alfabet) | |
| Taalkodes | ||
| ISO 639-1: | geen | |
| ISO 639-2: |
| |
| ISO 639-3: | — | |
| Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | ||
Kombuis-Duits (Duits: Küchendeutsch, Engels: Namibian Black German) is 'n kontaktaal of pidgin, wat vandag nog deur sowat 15 000 oorwegend bejaarde mense in Namibië gepraat word. Die term Kombuis-Duits verwys na die feit dat dit 'n doelbewus vereenvoudigde vorm van Duits is, wat ontwikkel is om die kommunikasie tussen Duitse setlaars en nie-Blankes in die voormalige kolonie Duits-Suidwes-Afrika te vergemaklik.
Voorbeelde:
| Kombuis-Duits | Duits | Afrikaans |
|---|---|---|
| Lange nicht sehen. | Lange nicht gesehen. | Lank nie gesien nie. |
| Was Banane kosten? | Was kostet die Banane? | Wat kos die piesang? |
| Herr fahren nicht Haus. | Der Herr fährt nicht nach Hause. | Die man (heer) ry nie huis toe nie. |
| Spät Uhr. | Zu später Zeit. | Laat saans. |