Gaan na inhoud

Jacques Offenbach

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jacques Offenbach
Offenbach deur Nadar
Agtergrondinligting
GeboortenaamJacques Offenbach
Gebore(1819-06-20)20 Junie 1819
Keulen, Pruise
Sterf5 Oktober 1880 (op 61)
Parys, Frankryk
GenresKlassieke musiek
Beroep(e)Komponis, tjellis
InstrumenteTjello

Jacques Offenbach (20 Junie 18195 Oktober 1880) was 'n Duitsgebore Franse komponis, tjellis en impresario.[1] Hy is veral bekend vir sy operette (byna 100) wat van die 1850's tot die 1870' gekomponeer is, sowel as sy onvoltooide opera, "Die verhale van Hoffmann" (Duits: Hoffmanns Erzählungen. Frans: Les Contes d'Hoffmann). Hy was 'n invloedryke en gesaghebbende figuur vir latere komponiste van die operette-genre, veral Franz von Suppé, Johann Strauss II en Arthur Sullivan. Van sy bekendste werke is gereeld opgevoer in die 20ste eeu, en baie van sy operette word steeds opgevoer in die 21ste eeu. "Die Verhale van Hoffmann" is steeds deel van die standaard operarepertorium.

Offenbach is gebore in Keulen, Koninkryk Pruise as die seun van 'n voorsanger (hazzan) in 'n sinagoge. Offenbach het op 'n vroeë ouderdom musikale talent getoon. Op 14-jarige ouderdom is hy as student aan die Paryse Konservatorium aanvaar; hy het akademiese studies onbevredigend gevind en na 'n jaar uitgeval, maar steeds in Parys gewoon. Van 1835 tot 1855 het hy sy brood verdien as dirigent en tjellis, en in laasgenoemde hoedanigheid internasionale roem verwerf. Sy ambisie was egter om komiese stukke vir die musiekteater te komponeer. Die bestuur van Parys se Opéra-Comique het geen belangstelling getoon in sy werke nie, en derhalwe het hy in 1855 'n klein teater in die Champs-Élysées gehuur. Daar het hy gedurende die volgende drie jaar 'n reeks van meer as twee dosyn van sy eie kleinskaalse stukke aangebied, waarvan baie gewild geword het. In 1858 het Offenbach sy eerste vollengte operette, Orphée aux enfers, ("Orpheus in die Onderwêreld"), op die verhoog gebring; die werk is besonder goed ontvang en is steeds een van sy gewildste operettes. Gedurende die 1860's het hy ten minste agtien vollengte operettes gekomponeer, sowel as verskeie eenbedryfstukke. Sy werke uit hierdie tydperk sluit in La belle Hélène (1864), La Vie parisienne (1866), La Grande-Duchesse de Gérolstein (1867) en La Périchole (1868). Die gewaagde humor (dikwels oor seksuele intrige) en meestal sagte satiriese aanvalle in hierdie stukke, tesame met Offenbach se vermoë om melodieë te skep, het hulle internasionaal bekend gemaak, en vertaalde weergawes daarvan was suksesvol in Wene, Londen, elders in Europa en in die Verenigde State

Offenbach is geassosieer met die Tweede Franse Ryk van Napoleon III: die keiser en sy hof is op subtiele wyse gesatiriseer in baie van Offenbach se operette, en Napoleon het Franse burgerskap en die Légion d'honneur aan Offenbach toegeken. Met die uitbreek van die Frans-Pruisiese Oorlog in 1870 en die gevolglike ineenstorting van die ryk, het Offenbach homself in Parys uit guns bevind as gevolg van sy keiserlike verbintenisse en sy Duitse geboorte. Hy het gevolglik in Wene, Londen en New York gewoon. Hy het homself gedurende die 1870's in Parys hervestig, met opvoerings van sommige van sy vroeëre gunstelinge, en 'n reeks nuwe werke wat ook opgevoer is. Hy het ook 'n gewilde Amerikaanse toer onderneem. In sy laaste jare het hy daarna gestreef om "Die Verhale van Hoffmann" te voltooi, maar is oorlede voor die première van die opera, wat die standaard operarepertorium betree het in weergawes wat deur ander musikante voltooi of geredigeer is.

Operette

[wysig | wysig bron]

Operas

[wysig | wysig bron]
  • Die Rheinnixen (Les fées du Rhin) (1864) — romantiese opera in 4 bedrywe (libretto: Charles-Louis-Etienne Nuitter, vertaal in Duits deur Alfred von Walzogen). Opgevoer by die Hofoper in Wene on 4 Februarie 1864.[2]
  • Die Verhale van Hoffmann (1881) — opera, libretto deur Jules Barbier, onvoltooid. Die eerste keer opgevoer, sonder die 'Giulietta'-bedryf, by die Opéra-Comique op 10 Februarie 1881.[2]

Ballet

[wysig | wysig bron]
  • Le papillon (1860) — ballet-fantastique in 2 bedrywe (libretto: Jules-Henri Vernoy de Saint-Georges, choreografie: Marie Taglioni). Die enigste vollengte ballet wat Offenbach gekomponeer het. Dit is opgevoer by die Paris Opera on 26 November 1860 en is 42 keer opgevoer.

Insidentele musiek

[wysig | wysig bron]
  • Un mariage sous la Régence (Nicolas-François Guillard, 1850)
  • Le joueur de flûte (Émile Augier, 1850)
  • Valéria (Auguste Maquet en Jules Lacroix, 1851)
  • Mademoiselle de la Seiglière (Jules Sandeau, 1851)
  • Le malade imaginaire (Molière, 1851/2)
  • Le bonhomme jadis (Henri Murger, 1852)
  • Le barbier de Séville ou La précaution inutile (Pierre Beaumarchais, 1852)
  • La folle journée, ou Le mariage de Figaro (Beaumarchais, 1852)
  • Murillo ou La corde du pendu (Aylic Langlé, 1853, ook met musiek deur Meyerbeer)
  • Romulus (Dumas, Octave Feuillet, Paul Bocage, 1854)
  • Le songe d'une nuit d'hiver (Édouard Plouvier, 1854)
  • Le Brésilien, eenbedryf 'comédie-vaudeville' deur Meilhac en Halévy, liedjies deur Offenbach, eerste opgevoer by die Théâtre du Palais-Royal, 9 Mei 1863. Die 'Ronde du Brésilien' het 'n gewilde stuk geword vir kafee-konserte.
  • Le Gascon, drame in vyf bedrywe, nege tableaux, teks deur Théodore Barrière en Louis Davyl, musiek deur Albert Vizentini en Offenbach, 2 September 1873
  • La haine (Victorien Sardou, 1874; Offenbach het hierdie duur opvoering gehou by die Théâtre de la Gaîté. Dit was 'n finansiële ramp en het bygedra tot sy bankrotskap.[3])

Werke vir die stem

[wysig | wysig bron]

Liedere, van 1838 tot 1873, insluitende

  • Ses fabels van Jean de La Fontaine (1842)
  • Le langage des fleurs (1846)
  • Les voix mystérieuses (1852)

Tjello

[wysig | wysig bron]
  • Concerto in G Majeur vir tjello en orkes, Concerto Militaire (1847-1848)
  • Tjello duette 'cours méthodique de duos', Opp. 49–54
  • Deux âmes au ciel, Introduction et valse mélancolique, Rêverie au bord de la mer, La course en traîneau
  • Harmonies des bois, Op. 76: Le soir, élégie; La chanson de Berthe; Les larmes de Jacqueline
  • Les Chants du crépuscule (1846) (Éd. Chaball) – 1. Ballade, 2. L’Adieu, 3. Le Retour, 4. Pas villageois, 5. Sérénade, 6. Souvenir du bal
  • Hommage à Rossini, Fantaisie pour violoncelle et orchestra
  • Introduction, Prière et Boléro pour violoncelle et orchestra, Op.22

Klavier

[wysig | wysig bron]
  • Décameron dramatique (1854, tien stukke opgedra aan lede van die Comédie-Française)
  • (Kortstukke) Les roses du Bengale. Six valses sentimentales, Dernier souvenir, Valse de zimmer, Abendblatter, Schuler-Polka, Les boules de neige, Ländler, Le fleuve d’or, Valse, Le postillon, Galop, Jacqueline, Suite de valses, Polka du mendiant, Les contes de la reine de Navarre, Grande valse, Souvenirs de Londres, Polka, Herminien-Walzer, Madeleine, Polka-Mazurka, Les belles Américaines, Valse, Burlesque Polka, Valse composée au château du Val le 9 aout 1845, Musette, Les amazones, Les arabesques, Berthe, Brunes et blondes, Les fleurs d’hivers.
  • Souvenir d'Aix-les-Bains, suite de valses (1873, also orchestrated)

Rangskikkings deur ander musici

[wysig | wysig bron]
  • Gerangskik en geörkestreer deur Manuel Rosenthal:
    • Gaîté Parisienne (1938) — 'n balletstuk met gebruikmaking van Offenbach se melodieë
    • Offenbachiana (1953) – 'n simfoniese suite op temas deur Jacques Offenbach
    • La belle Hélène (1955, met Louis Aubert) – ballet-bouffe

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 'n Impresario (Van die Italiaanse impresa, "'n onderneming") reël optredes namens kunstenaars. 'n Impresario se besigheid word 'n impresariaat genoem. 'n Organisasie wat musiek benodig vir 'n partytjie of 'n feestelike geleentheid kan 'n impresario kontak, wat dan 'n musikant kies wat die gepaste musiek kan verskaf. Die impresario ontvang 'n persentasie van die musikant se fooi as vergoeding vir sy of haar bemiddeling en administratiewe hantering van die aangeleentheid (kontrakte ens.). Die voordele vir die organisasie is dat dit nie na 'n musikant hoef te soek nie, en indien die musikant die optrede om enige rede kanselleer, kan die impresario maklik 'n alternatief bied. Die voordeel vir die musikant is dat hulle die verkryging kan uitkontrakteer. 'n Impresario kan ook spesialiseer in klassieke musici. Indien 'n konsertlokaal 'n spesifieke solis wil bespreek, kontak hulle die impresario wat die musikant verteenwoordig. Die impresario stel vas of die optrede by die solis se skedule pas en onderhandel die fooi met die kliënt. 'n Impresario kan ook op sy eie voorgenome kliënte kontak om die dienste van 'n solis aan te bied. Indien 'n solis byvoorbeeld na 'n oorsese gebied moet reis vir 'n konsert kan 'n impresario, in samewerking met 'n plaaslike toeragentskap, 'n toer in die land reël.
  2. 1 2 Lamb
  3. Harding, pp. 199–200, en Yon, p. 502

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • Gammond, Peter (1980). Offenbach. London: Omnibus Press. ISBN 0-7119-0257-7.
  • Harding, James (1980). Jacques Offenbach: A Biography. Londen: John Calder. ISBN 0-7145-3835-3.
  • Lamb, Andrew (1992). Offenbach, Jacques, in 'The New Grove Dictionary of Opera', red. Stanley Sadie (Londen, 1992) ISBN 0-333-73432-7
  • Yon, Jean-Claude (2000). Jacques Offenbach (in Frans). Paris: Gallimard. ISBN 2-07-074775-1.
  • Almeida, Antonio de (1976). Offenbach's Songs from the Great Operettas. New York: Dover Publications. ISBN 978-0-486-23341-3.
  • Baranello, Micaela (2014). "Die Lustige Witwe and the Creation of the Silver Age of Viennese Operetta". Cambridge Opera Journal. 26 (2): 175–202. doi:10.1017/S0954586714000032.
  • Bekker, Paul (1909). Jacques Offenbach (in Duits). Berlyn: Marquardt. OCLC 458390878.
  • Crowther, Andrew (2011). Gilbert of Gilbert & Sullivan. Gloucester: History Press. ISBN 978-0-7524-5589-1.
  • Dufreigne, Jean-Pierre (2009). Un empereur qui rêvait (in Frans). Parys: Pocket. ISBN 978-2-26-618298-0.
  • Faris, Alexander (1980). Jacques Offenbach. Londen: Faber & Faber. ISBN 978-0-571-11147-3.
  • Filler, Susan (2011). "Jewish Nationalism in Opera". Studia Musicologica. 52 (1/4): 499–506. doi:10.1556/smus.52.2011.1-4.34. JSTOR 43289777.
  • Franceschina, John (2003). David Braham: The American Offenbach. New York: Routledge. ISBN 978-0-41-593769-6.
  • Gammond, Peter (1980). Offenbach. Londen: Omnibus Press. ISBN 978-0-7119-0257-2.
  • Gänzl, Kurt; Andrew Lamb (1988). Gänzl's Book of the Musical Theatre. Londen: The Bodley Head. OCLC 966051934. {{cite book}}: Cite has empty unknown parameter: |1= (hulp)
  • Harding, James (1980). Jacques Offenbach: A Biography. Londen: John Calder. ISBN 978-0-7145-3835-8.
  • Henseler, Anton (1930). Jakob Offenbach (in Duits). Berlyn: M. Hesse. OCLC 559680953.
  • Horne, Alistair (2003). Seven Ages of Paris. Londen: Macmillan. ISBN 978-0-333-72577-1.
  • Hughes, Gervase (1962). Composers of Operetta. Londen: Macmillan. OCLC 460660877.
  • Kracauer, Siegfried (2002) [1938]. Orpheus in Paris: Offenbach and the Paris of his time. New York: Zone Books. ISBN 978-1-890951-30-6.
  • Lamb, Andrew (2000). 150 Years of Popular Musical Theatre. New Haven: Drukpers van Yale-universiteit. ISBN 978-0-30-007538-0.
  • Lasalle, Albert de (1860). Histoire des Bouffes-parisiens (in Frans). Parys: Librairie Nouvelle. OCLC 1244183572.
  • Lees, Gene (1990). Inventing Champagne: The Worlds of Lerner and Loewe. New York: St Martin's Press. ISBN 978-0-31-205136-5.
  • Levin, Alicia C. (2009). "A Documentary Overview of Musical Theaters in Paris, 1830–1900". In Fauser, Annegret; Everist, Mark (reds.). Music, Theater, and Cultural Transfer. Chicago: Drukpers van die Universiteit van Chicago. pp. 379–402. ISBN 978-0-226-23926-2.
  • Martinet, André (1887). Offenbach: Sa vie et son oeuvre (in Frans). Parys: Dentu. OCLC 3574954.
  • Mellers, Wilfrid (1995). Francis Poulenc. Oxford en New York: Drukpers van die Universiteit van Oxford. ISBN 978-0-19-816338-1.
  • Poulenc, Francis (1981) [1961]. Emmanuel Chabrier. Londen: Dobson. ISBN 978-0-23-477252-2.
  • Pourvoyeur, Robert (1994). Offenbach (in Frans). Parys: Éditions du Seuil. ISBN 978-2-02-014433-9.
  • San Martin, Isabelle Porto (2009). "Aux Frontières de La Zarzuela". Revue de musicologie (in Frans): 335–357. JSTOR 40649017.
  • Schwarz, Ralf-Olivier (2019). Jacques Offenbach: ein europäisches Porträt (in Duits). Wene: Böhlau Verlag. ISBN 978-3-41-251295-8.
  • Senelick, Laurence (2017). Jacques Offenbach and the Making of Modern Culture. Cambridge: Drukpers van die Universiteit van Cambridge. ISBN 978-0-52-187180-8.
  • Traubner, Richard (1984). Operetta: A Theatrical History. Londen: Gollancz. ISBN 978-0-57-503338-2.
  • Traubner, Richard (2001). "Offenbach, Jacques". In Holden, Amanda (red.). The New Penguin Opera Guide. Londen: Penguin Books. ISBN 978-0-14-051475-9.
  • Wright, Adrian (2012). West End Broadway. Woodbridge, Suffolk: The Boydell Press. ISBN 978-1-84383-791-6.
  • Yon, Jean-Claude (2000). Jacques Offenbach (in Frans). Parys: Gallimard. ISBN 978-2-07-074775-7.
  • Young, Percy M. (1971). Sir Arthur Sullivan. Londen: J. M. Dent. ISBN 978-0-460-03934-5.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Bladmusiek

[wysig | wysig bron]