Die Linke
| Die Linke | |
| Leier | Janine Wissler Susanne Hennig-Wellsow |
|---|---|
| Gestig | 16 Junie 2007 |
| Samesmelting van | Party van Demokratiese Sosialisme Arbeid en sosiale geregtigheid - die kiesalternatief |
| Hoofkwartier | Karl-Liebknecht-Haus Kleine Alexanderstraße 28 D-10178 Berlyn |
| Jeugvleuel | Left Youth Solid |
| Ideologie | Demokratiese sosialisme |
| Amptelike kleure | Rooi (amptelik) Pers (gebruiklik) |
| Webblad | www |
Die Linke (Duits: Die Linke) is 'n ver-linkse, demokratiese sosialistiese party in Duitsland. Die party is in 2007 gestig as gevolg van die samesmelting van die Party van Demokratiese Sosialisme (PDS) en Arbeid en sosiale geregtigheid - die kiesalternatief (WASG). Deur middel van PDS is die party die direkte afstammeling van die Marxisties-Leninistiese regerende party van die voormalige Oos-Duitsland (DDR), die Sosialistiese eenheidsparty van Duitsland (SED).
Sedert 2021 word die party deur Janine Wissler en Susanne Hennig-Wellsow gelei. Die party het tans 39 setels uit die beskikbare 735 in die Bundestag, die federale wetgewer van Duitsland, nadat hulle 4,9% van die stemme in die 2021-verkiesing ontvang het. Die Linke parlementêre groep is die tweede kleinste van die sewe groepe in die Bundestag, en word tans gelei deur Amira Mohamed Ali en Dietmar Bartsch.
Verwysings
[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.