Gaan na inhoud

Dauphin van Frankryk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wapenskild van die Dauphins van Frankryk.

Die Dauphin van Frankryk (Frans: Dauphin de France) — streng gesproke, Dauphin van Viennois (Dauphin de Viennois) — was die titel wat aan die kroonprins van die troon van Frankryk gegee is van 1350 tot 1791, en van 1824 tot 1830.

Wapenskild van die voormalige Franse provinsie, die Dauphiné

Guy VIII, Hertog van Vienne, het 'n dolfyn op sy wapenskild gehad en het die bynaam le Dauphin gehad, Frans vir dolfyn. Die titel Dauphin de Viennois is in sy familie oorerf tot 1349 toe Humbert II sy seigneurie, genaamd die Dauphiné, aan Koning Filips VI verkoop het onder die voorwaarde dat die kroonprins van Frankryk die titel le Dauphin sou aanneem. Die vrou van die Dauphin het as la Dauphine bekend gestaan.

Die eerste Franse prins wat le Dauphin genoem is was Karel V. Die titel kom rofweg ooreen met die Engelse titel Prins van Wallis. Die amptelike titel van 'n Dauphin van Frankryk, voor 1461, was par la grâce de Dieu, dauphin de Viennois, comte de Valentinois et de Diois ("Met die Genade van God, Dauphin van Viennois, graaf van Valentinois en van Diois"). 'n Dauphin van Frankryk sou die wapenskild van die Dauphiné, wat dolfyne vertoon het, met die Franse fleurs-de-lys verenig, en kon, waar gepas, dit verder met ander wapens verenig (b.v. François, seun en Dauphin van Frans I, was die heersende Hertog van Bretagne en het dus die wapenskild van die provinsie met die tipiese wapen van 'n Dauphin van Frankryk verenig; Frans II, wat terwyl hy 'n Dauphin was ook deur sy huwelik Koning van Skotland was en het dus die wapenskild tot die van die Dauphin van Frankryk toegevoeg.

Lodewyk van Frankryk, wat die bynaam Le Grand Dauphin gehad het.

Oorspronklik was die Dauphin persoonlik verantwoordelik vir die regering van die Dauphiné, wat geregtelik deel van die Heilige Romeinse Ryk was, en wat die keisers, toe hulle die heerskappy van die provinsie aan hulle Franse erfgename gelaat het, bepaal het nooit met Frankryk verenig mag geword het nie. As gevolg hiervan het die Dauphiné aan anargie gelei in die 14de en 15de eeue aangesien die Dauphins van Frankryk baiekeer kinders was wat hulle met ander sake bemoei het.

Wapenskild van Frans II as Dauphin en Koning-gade van Skotland.

Die provinsie is met Frankryk verenig deur Lodewyk XI. Tydens sy tydperk as Dauphin, het Lodewyk sy vader, Karel VII, verontagsaam deur langer in die provinsie te bly as wat die koning toegelaat het en deur in persoonlike politiek betrokke te raak wat meer voordelig vir die Dauphiné was as vir Frankryk. Lodewyk het byvoorbeeld teen sy vader se voorkeur in die huwelik getree met Charlotte van Savoye. Savoye was 'n tradisionele bondgenoot van die Dauphiné, en Lodewyk wou die alliansie versterk om van rowers en rebelle in die provinsie ontslae te raak. Lodewyk is deur Karel VII se soldate in 1456 uit die Dauphiné gedryf wat die gebied in wanorde laat verval het. Na sy opvolging in 1461 het Lodewyk die Dauphiné met Frankryk verenig en dit daarmee permanent onder koninklike beheer geplaas.

Die titel Dauphin is outomaties by geboorte aan die volgende kroonprins toegeken, by troon bestyging van die ouer of die dood van die vorige Dauphin, anders as die Engelse titel Prins van Wallis; wat volgens die wil van die monarg toegeken is eerder as wat dit 'n outomaties geboortereg is.

Die titel is deur die Franse Grondwet van 1791 waarvolgens Frankryk 'n grondwetlike monargie geword het afgeskaf. Onder die grondwet is die kroonprins, op daardie stadium Dauphin Lodewyk-Karel, Prince Royal genoem. 'n Prince du sang (bloedprins) sou hernoem word na prince français (Franse prins). Dit het van krag geword by die Wetgewende Vergadering van 1 Oktober 1791. Die titel is in potentia herstel onder die Bourbon Restorasie van Lodewyk XVIII; daar was egter nie nog 'n Dauphin tot met sy dood nie. Met die troonbestyging van sy broer Karel X, het Karel se seun en erfgenaam, Lodewyk-Antoine, Hertog van Angouleme, outomaties die Dauphin geword. Met die einde van die Bourbons, het die titel egter weereens in onbruik verval. Die erfgename van Lodewyk-Filips is Prince Royal (koninklike prins) genoem. Na die dood van Henri, comte de Chambord, Carlos, hertog van Madrid het die erfgenaam van die legitimistiese aanspraakmaker, Juan, Graaf van Montizón, van die titel gebruik gemaak as troonpretendent, soos wat ook daarna deur die Spaanse legitimistiese aanspraakmakers gedoen is.

Lys van Dauphins van Frankryk

[wysig | wysig bron]
Beeld Naam Erfgenaam van Geboorte Dauphin geword Opgehou om Dauphin wees Sterfte Ander titels voor of terwyl Dauphin Regnal Naam Dauphine
Karel, 1ste Dauphin van FrankrykJan II21 Januarie 133822 Augustus 13508 April 1364
het koning geword
16 September 1380Hertog van NormandiëKarel VJohanna van Bourbon
Karel, 2de Dauphin van FrankrykKarel V3 Desember 136816 September 1380
het koning geword
21 Oktober 1422Karel VI
Karel, 3de Dauphin van FrankrykKarel VI26 September 138628 Desember 1386
Karel, 4de Dauphin van FrankrykKarel VI6 Februarie 139213 Januarie 1401Hertog van Guyenne
Lodewyk, 5de Dauphin van FrankrykKarel VI22 Januarie 139713 Januarie 140118 Desember 1415Hertog van GuyenneMargareta van Boergondië
Jan, 6de Dauphin van FrankrykKarel VI31 Augustus 139818 Desember 14155 April 1417Hertog van TouraineJacqueline van Hainaut
Karel, 7de Dauphin van FrankrykKarel VI22 Februarie 14035 April 141721 Oktober 1422
het koning geword
22 Julie 1461Hertog van PonthieuKarel VII
Lodewyk, 8ste Dauphin van FrankrykKarel VII3 Julie 142322 Julie 1461
het koning geword
30 Augustus 1483Lodewyk XIMargareta van Skotland;
Charlotte of Savoy
François, 9de Dauphin van FrankrykLodewyk XI1466
Karel, 10de Dauphin van FrankrykLodewyk XI30 Junie 147030 Augustus 1483
het koning geword
7 April 1498Karel VIII
Karel-Orland, 11de Dauphin van FrankrykKarel VIII11 Oktober 149216 Desember 1495
Karel, 12de Dauphin van FrankrykKarel VIII8 September 14962 Oktober 1496
François, 13de Dauphin van FrankrykKarel VIIIJulie 1497
François, 14de Dauphin van FrankrykFrancis I28 September 151810 Augustus 1536Hertog van Bretagne
Hendrik, 15de Dauphin van FrankrykFrancis I31 Maart 151910 Augustus 153631 Maart 1547
het koning geword
10 Julie 1559Hertog van Orleans, Hertog van BretagneHendrik IICatherine de' Medici
Francis, 16de Dauphin van FrankrykHendrik II19 Januarie 154431 Maart 154710 Julie 1559
het koning geword
5 Desember 1560Koning-gade van SkotlandFrancis IIMaria van Skotland
Lodewyk, 17de Dauphin van FrankrykHendrik IV27 September 160114 May 1610
het koning geword
14 May 1643Lodewyk XIII
Lodewyk, 18de Dauphin van FrankrykLodewyk XIII5 September 163814 May 1643
het koning geword
1 September 1715Lodewyk XIV
Lodewyk, le Grand Dauphin, 19de Dauphin van FrankrykLodewyk XIV1 November 166114 April 1711Maria Anna van Beiere
Lodewyk, 20ste Dauphin van FrankrykLodewyk XIV16 Augustus 168214 April 171118 Februarie 1712Hertog van BurgundyMarie-Adélaïde of Savoy
Lodewyk, 21ste Dauphin van FrankrykLodewyk XIV8 Januarie 170718 Februarie 17128 Maart 1712Hertog van Bretagne
Lodewyk, 22ste Dauphin van FrankrykLodewyk XIV15 Februarie 17108 Maart 17121 September 1715
het koning geword
10 May 1774Hertog van AnjouLodewyk XV
Lodewyk, 23ste Dauphin van FrankrykLodewyk XV4 September 172920 Desember 1765Maria Teresa Rafaela of Spain;
Marie-Josèphe of Saxony
Lodewyk-Augustus, 24ste Dauphin van FrankrykLodewyk XV23 Augustus 175420 Desember 176510 May 1774
het koning geword
21 Januarie 1793Hertog van BerryLodewyk XVIMaria Antonia van Oostenryk
Lodewyk-Joseph, 25ste Dauphin van FrankrykLodewyk XVI22 Oktober 17814 Junie 1789
Lodewyk-Karel, 26ste Dauphin van FrankrykLodewyk XVI27 Maart 17854 Junie 17891 Oktober 1791
retitled as Prince-royal
8 Junie 1795Hertog van NormandiëLodewyk XVII
Lodewyk-Antoine, 27ste Dauphin van FrankrykKarel X6 Augustus 177516 September 18242 Augustus 1830
het koning geword/deposed
3 Junie 1844Hertog van AngoulemeLodewyk XIXMarie-Thérèse-Charlotte van Frankryk
Beeld Naam Erfgenaam van Geboorte Dauphin geword Opgehou om Dauphin wees Sterfte Ander titels voor of terwyl Dauphin Regnal Naam Dauphine