Anne, Princess Royal
| Prinses Anne | |
|---|---|
Prinses Anne in 2025. | |
| Volle naam | Anne Elizabeth Alice Louise |
| Eggenoot | Mark Phillips (getroud 1973, geskei 1992) Timothy Laurence (getroud 1992) |
| Kinders | Peter Phillips Zara Phillips |
| Titels | HKH die Kroonprinses HKH prinses Anne HKH prinses Anne van Edinburg |
| Huis | Windsor |
| Vader | Prins Philip |
| Moeder | Koningin Elizabeth |
| Gebore | 15 Augustus 1950; Clarence House, Londen |
Anne Elizabeth Alice Louise[1] (gebore 15 Augustus 1950) is die tweede kind en enigste dogter van koningin Elizabeth en prins Philip. Met haar geboorte was sy die derde aanspraakmaker op die Britse troon, maar sedert 2025 beklee sy die 18de plek. Sy is een van die gewildste lede van die vorstehuis en het sowat 700 koninklike afsprake en openbare optredes per jaar.
Sy is die sewende persoon aan wie die titel "Princess Royal" toegeken is as oudste dogter van 'n Britse monarg en is bekend vir haar liefdadigheidswerk – sy is die beskermpersoon van meer as 200 organisasies. Sy is ook bekend vir haar vermoëns as perderuiter. Sy het talle medaljes gewen en is die enigste lid van die Britse vorstehuis wat al aan die Olimpiese Spele deelgeneem het, in 1976 in Montréal.
Sy is in 1973 met kapt. Mark Phillips getroud, maar is in 1992 van hom geskei en later dieselfde jaar met Timothy Laurence getroud. Sy het twee kinders, Peter en Zara, uit haar vorige huwelik met Phillips.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ As 'n koninklike met 'n titel gebruik Anne nie 'n van nie, maar as dit nodig is, is haar nooiensvan Mountbatten-Windsor.
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Skakels
[wysig | wysig bron]- Royal.gov.uk – Die Kroonprinses
- BBC News — Eerste huwelik
- BBC News — Geboorte van Peter Phillips
- BBC News — Tweede huwelik
- Die familie van Elizabeth II
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Anne, Princess Royal.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.